Studente se onvermoë om eerstejaarsrekeningkunde as vak te slaag, is ’n nasionale en
internasionale probleem. Bestaande navorsing bied nie algemeen aanvaarde antwoorde
omtrent die oorsake van hierdie probleem nie. Dit maak ook nie voorsiening vir die
moontlike invloed van ’n dominante tydsperspektief op die prestasie in rekeningkunde
nie. Hierdie artikel doen ’n ondersoek om te bepaal of tydsperspektief ’n effek
het op die prestasie van eerstejaarsrekeningkundestudente. ’n Kwantitatiewe nieeksperimentele
meerveranderlike voorspellingsontwerp word gebruik en die effek van
steuringsveranderlikes word verreken